Tuesday, November 27, 2007

ECC - Ons hoor hoekom hulle Jesus gevangene geneem het

Dit was lekker om weer van die maatjies terug te hê vandag. Ek weet nie of dit die "einde-van-die jaar" sindroom is nie, maar ons kinders was vol ekstra energie vanaand. Dit het hulle gebruik om baie lekker saam te sing en dans tydens die lofprysing. Kyk bietjie vandag na klein video clips in
plaas van foto's

(ek sukkel bietjie om hulle opgelaai te kry, so kom loer asb later in die dag .... julle moet dit sien)

Ons het ook vanaand 'n nuwe maatjie gehad en hy is vyf jaar oud en sy naam is Thomas of sommer TJ. Kyk net die vriendelike gesiggie. Welkom TJ, ons hoop dat jy dit by ons geniet het en dat ons jou gereeld sal sien. By die kleuters wat op 'n ander program werk, het hulle vanaand vir Moses behandel. Ek moet julle vertel dat velt Moses al heel week weg was en elke keer was dit 'n groot soektog om hom te kry. Toe ek in die kleuterklas instap en hom nie sien nie, was my eerste reaksie "Waar is Moses" .... net om te hoor TJ het hom en hy's besig om sy windjies uit te vryf. In ons DVD stukkie het ons vandag gekyk hoe Jesus verraai en inhegtenis geneem word. Tannnie Heleen verduidelik aan haar groep die lessie. Skuus ek het julle ouens nie vanaand afgeneem met die nagmaal nie, tyd het bietjie uitgehardloop ----volgende keer.

Die groter kinders het vanaand saam met hulle lessie ook nagmaal gehou. Hier skink Charmaine vir hulle druiwesap in.

Ouens onthou dat ons volgende week 'n Kersfees "craftdag" het wat deur 'n tannie aangebied word wat klasse gee daarin. Ek vertel Donderdag meer, maar onthou, ek MOET die getalle voor die tyd hê, so dink bietjie daaroor --- ook die mammas is genooi om saam te kom maak.

No comments: