Sunday, November 25, 2007

ECC - Ouerbrief vir 26 November

Julle sal met my saamstem dat die einde van die kalenderjaar met 'n spoed naderkom. Net nou die dag het die skole begin en nou maak baie van julle planne vir 'n kort vakansie huistoe.


Nuus


Verlede week het heelwat meer van ons kinders probeer om die versies te ken en daarvoor moet ek julle as ouers bedank. Ons kinders sal nie eers probeer as u hulle nie aangemoedig het nie. Baie dankie!!


Die volgende inligting vir hierdie week.


Kleuters


Ons is regtig baie opgewonde oor die kleintjies en die groepie. Arina gaan hierdie week weer help en ons hoop die kleingoed kom. Ons sal natuurlik graag nog kleintjies in hierdie groepie wil hê so ouers luister bietjie as julle weet van enige 2 - 5 jariges.


6 - 12 jariges


Hulle doen hierdie week Why was Jesus Arrested? en die versie is Matt 26:56. Ek het die versie op die linkerkant van die blog vir ons kinders om te leer.


Tieners


Soos op hulle eie briefie sal daar geen groep vir die tieners hierdie week wees nie. Van hulle maats speel in 'n sokkertoernooi by die ACS laerskool en as hulle sou wou kan julle daar kom ondersteun. Laat weet as julle vervoer soek.


Algemeen


Volgens die skooljaarprogramme is daar nou baie breuke en/of eksamens waarby ons kinders betrokke is, daarom sal ons ook binnekort ons breuk vir die jaar hê.

MAAR

Moenie volgende week misloop nie! Ons beplan ietsie lekkers en sal julle teen Donderdag op die blok meer daarvan vertel.


Ouers ons sal dit waardeer as u ons kan laat weet indien u kinders nie die groep kan bywoon nie.


Hoop om almal van julle Maandagaand te sien!

No comments: