Saturday, November 24, 2007

ECC - Tieners - Ons hoor ons het nodig om tyd met God te spandeer

Ons begin met 'n klomp vrae, party maklik en ander iets waarvan ons niks weet nie. Dan kom die vrae...."Hoe het dit gevoel om nie die antwoord te ken nie?", "Wat sou nodig wees om die antwoord van die vrae te geken het?", "Hoe het jy die antwoord geken van die vrae wat jy reg geantwoord het nie?
Gevolgtrekking: Niemand kan iets weet wat hy/sy nog nooit geleer of oor gelees het nie en jy kan nie verwag om dinge te leer as jy dit net een keer lees nie. Kyk net hoe lank het ons aan ons tafels geleer. Ons kyk hoe belangrik dit is om die Bybel te bestudeer om lewens antwoorde te kry en God te ken.
Hier sit die groepie en werk aan hulle "commitment" van hoeveel tyd en wanneer sal/wil hulle tyd met God spandeer elke dag en wat hulle kan verhoed om daardie commitment te laat plaasvind.

Ouens die helfde van julle speel in die ADSAC sokkertoernooi Maandagaand, so ons sal nie groep hĂȘ nie, maar julle is welkom om saam te kom ondersteun. Dit word by ACS gehou. (As van julle 'n lift soek, laat my weet dan maak ons 'n plan)

MAAR

Onthou julle tyd commitment!!!!

JULLE IS GEDARE OM DAARBY TE HOU!

No comments: