Tuesday, November 20, 2007

ECC - Wat motiveer ons?

Weer was ons getalle nie soos dit moet wees nie, maar ons hoop die ander maatjies kom vir die laaste groep van 2007 volgende week voordat hulle eksamens begin.

Soos gewoonlik begin ons met lekker sang en ek kry nie altyd die kans om van die manne in aksie te sien nie. Clark, Christiaan en Liam sing saam!
Dan die hoekie met die "Cool girls" in. Tannie Heleen tot aangetrek vir die okkasie. Hier sing hulle Cool guys and Groovy Girls!
Arina het kom help met die kleintjies .... dankie Arina ons waardeer. Hulle het vanaand van Noag en die ark gehoor. Hier help sy met die reenwolkies, son en reenboog.
Barbie het haar uitrusting vir Spidergirl verruil vanaand. Ons het weer die prentjies van die storie op die veltbord geplak. Kyk net hoe mooi lyk hulle reenbogies!!! Hulle het die liedjie "Noag het 'n ark gebou" so mooi gesing en dans. Ek hoop om binne die volgende dag 'n klein videotjie daarvan op te laai dat julle ook kan sien. Hierdie groepie kan doen met nog maatjies.
Tannie Heleen en haar groepie het vanaand geleer en gehoor dat Jesus nie wil hê mense moet geld meer liefhê as vir Hom nie. Hulle het hande gemaak en versier en lekkertjies daarop geplak wat hulle vir 'n maatjie moes gee. Die lessie was om 'n oophand te hê en vir ander te gee.

Die tieners se lesse word apart opgesom.

Jumarie het vanaand haar versie perfek geken! Ami, Megan en Daleen het ook John 6:38 geken. Mooi so julle. Die versie vir volgende week is weer op die regterkant vir julle beskikbaar.

No comments: