Sunday, November 18, 2007

ECC - Ouerbrief vir 19 November

Inligting

Alhoewel 'n klompie van ons kinders nie verlede week groep bygewoon het nie, het daar soveel goeie en lekker dinge by die groep gebeur soos bv. die tieners het gaan kegelbal speel en ons kleuters het hulle eerste les gehad. Dankie ook vir Heleen wat die ander groep kinders geneem het terwyl Charmaine in SA kuier, ons waardeer. Sanet wat kom help het, dankie vir jou ook!

Drie van ons kinders het hulle versies 100% geken en die drie is ook kop-aan-kop vir die kompetisie oor wie die meeste versies geleer het op die oomblik. Julle ander kan nog inhaal so moenie ophou probeer nie. Ek het die versie 'n week vooruit op die web gesit sodat julle die heel week het om te leer. Dankie ouers vir julle samewerking ook in hierdie verband.

Baie welkom ook aan klein Mia en Emma wat nou ons kleutergroep vorm. Ek hoop dat hierdie groepie vir ons kleintjies sommer baie gaan groei.


Kleuters

Verlede week het ons gehoor van die Skepping. Kom kyk hierdie week na Noag, die ark en al die diere.

6 - 12 jaar

Hierdie week doen ons What Motivated Jesus en die versie om te leer is Joh 6:38. Sien op regterkant die versie in Engels en Afrikaans.

Tieners

Julle inligting is apart (gister) op die web gesit.

Algemeen

Ek wil baie graag hĂȘ dat ons ouers hierdie blog as 'n kommunikasie middel moet gebruik.

Indien u kind(ers) vir een of ander rede nie kan bywoon nie,
of
u weet van enige nuwe kinders in die omgewing
of
u wil enigiets met ons deel

Los vir ons 'n boodskap of epos ons!

(Kliek op commit onder die beriggie, skryf die boodskappie, dan is daar 3 opsies, kies "Option" en vul jou naam by die eerste blokkie in. Vul niks in die tweede blokkie en druk net "Publish" - die boodskap sal binne 'n uur of drie op die blog verskyn)

Ek hoop om al ons kinders Maandagaand by die groep te sien!!

No comments: