In gister se foto's oor die verf van die kouse het almal hard gewerk aan die kouse en vandag wil ek julle graag 'n paar wys wat klaar is. Ongelukkig het van die kleintjies en groottes nie kom staan vir foto's nie, maar glo my hulle s'n was net so pragtig.
In gister se foto het ek een van die mammas Vanessa gevang met die kwassie in die hand en baie lus om te verf. Later die aand kry ek haar hard aan die verf ....ons is bly jy het saamgekuier Vanessa.Minute voordat hy daardie kous in die motor moet laai en Christiaan sit nog kleur by. Ek hoop dat die kous veilig by die huis aangekom het.Dit gebeur min ... dat die twee vir my staan en glimlag vir 'n foto!!! Heleen en Sunette wys hulle kerskouse en het alle rede om so te glimlag, dis pragtig julle!! (Ek het nie kon verf nie Sunette want ek het nie 'n kaartjie om binne-in te sit nie)
Christian en Clark se pragtige kleurvolle kouse waarop hulle net so trots is.
Kyk net hoe mooi lyk Liam en Armand se kouse. Dieselfde prentjie maar tog ook anders.
Mariette se kerskous met die sneeuvlokkies op en Thomas se kleurvolle Kersvader
Megan se pragtige blou kous en Claudia se mooi groene met Kersvader op.
Henry met sy wit kerskous en Dominique met haar groene.
Ami met haar pragtige groen en rooi kerskous.
Nelmari met haar rooi/pienk kerskous met kerse en Charmaine met haar hondjie in 'n kerskous prentjie. (Ek wonder wat sy kry vir Kersfees?). Tussen hulle tannie Elise. Weereens baie dankie van ons en al ons kinders vir die aand Elise. Jy's uitstekend en almal het dit so geniet.
No comments:
Post a Comment