Gisteraand was ons laaste kindergroep by ECC voor Kersfees en ons het 'n handwerkaand gereel vir die klomp. Elise Kruis wat baie handwerkklasse aanbied was so gaaf om vir ons kinders die aktiwiteit te lei.
Vroeg reeds het sy vir elke kind 'n kerskous met 'n prentjie op geteken, kwassies en verf neergesit dat ons dadelik kan begin. Sy het elke kous self gemaak en die prentjies opgeteken. Vreeslik dankie vir die werk Elise ons waardeer dit.
Ek het nogals gedink weens die langnaweek, eksamens voor die deur en kuiermense sal baie van ons kinders nie opdaag nie, maar meeste van hulle was daar en reg om te begin...
Elise verduidelik vir die klomp wat om te doen en hoe om te begin en almal luister baie mooi.















Die kinders se kerskouse het pragtig gelyk .... maar kom kyk more weer, daar was teveel foto's om vandag op te laai.
1 comment:
Dankie vir al jou moeite Sandra. Dit is regtig wonderlik wat julle vir
die kinders (en die ouers) beteken.
Ruanda
Post a Comment