Gisteraand het ons kinderdiens gehad en ds Gert het mooi vertel oor hoe ons aan God se skoonheidskompetisie deelneem. Mooi van buite is nice maar ons moet baie mooi van binne wees. En om voor te berei vir die kompetisie het ons ook hulp nodig soos oa bid, bybellees, deel wees van die kerk, ens. Niemand kan alleen voorberei vir die kompetisie nie.



Marcelle staan doodstil terwyl Daleen hom gaan grimeer

Kyk hoe word hy mooigemaak

Hou jou lippe so vir die lipstiffie sê Daleen
Daarna vertel ds Gert vir ons van die dinge wat ons "mooi" maak - vrugte van die gees en die dinge wat ons "lelik" van binne kan maak.
Die kleintjies het so mooi stilgesit en saamgewerk tydens die diens.
No comments:
Post a Comment