Sunday, January 27, 2008

ECC - Ouerbrief 28 Januarie

Uiteindelik na 'n lang onderbreking met vakansiedae en eksamens (al is dit nog nie vir almal verby nie) is dit weer tyd vir ons kindergroep om te begin.
Kan julle glo dat die laaste skof vir die jaar aanbreek? Ons sien uit na die kwartaal en hoop om 'n paar nuwe goed, soos 'n kamp, op die program te hê.

Kleuters 2 - 5 jaar

Met klein Mia wat nou daar in Australia sit, hoop ons dat klein Emma en Thomas nog aangaan. Ek weet van nog 'n nuwe maatjie wat binnekort hier in Abu Dhabi gaan wees, maar as julle van nog kleuters weet, laat ons asseblief weet.
6 - 12 jariges
Ons is amper klaar met ons boekie My Big Screen Adventure (Showing Jesus around the Globe) en hierdie week doen ons Lights Out - Why did Jesus Die? Die versie wat julle moet leer is Johannes 15:13. (Sien in kantlyn die versie)
Tieners
Die arme tieners word nog gepepper met eksamens en hierdie keer is dit AIS wat skryf. Ons sal dus nie amptelik tienergroep hê nie, maar as van julle wil kom saamkuier is julle welkom. Sterkte veral vir Lizelle en Armand met die eksamen.
Algemeen
Ons gaan kamp!! Ja .... saam met die SA kinders van die ander Kindergroep en kinders in Dubai en Al Ain word daar 'n kamp vir die naweek van 22 Februarie beplan. Ons sal baie graag wil hê dat al ons kinders moet saamgaan. Die tema van die kamp is Go Daniel en ons sal spoedig meer inligting hieroor deurgee. Tot dan .... ouers gee my 'n aanduiding of u kinders sal kan saamgaan en boek die datum vir hulle. Dit word gehou by 'n wonderlike kampterrein in Sharjah.
Dis ook die tyd waar baie nuwe SA maatjies die land inkom. Nooi hulle saam groep toe en/of laat my hulle inligting kry!
As julle ook weet van iemand wat bereid is om 'n groepleier te wees of om te help by die kinders, ons het dringend iemand nodig vir die kleintjies.
Mammas, gedurende 8 Februarie is daar 'n Ester konferensie vir vroue in Dubai. Loer bietjie so 3 bloks terug vir meer detail en oorweeg dit sterk om saam te kom.
Sien uit om almal van julle Maandagaand te sien ons het julle gemis
Liefde
Sandra

No comments: