Dit was sommer lekker om ons maats weer te sien en hulle was net so propvol energie en reg vir groep. Soos altyd het hierdie klompie die lofprysing vreeslik geniet en baie lekker saamgesing.
Kyk net hoe lekker sing en dans hulle!
Ons maatjies beweeg lekker saam
Klein TJ begin ook die liedjies nou ken
Emma herken ook van die liedjies en bewegings
Na die dvd en lessie waar ons hoor dat Jesus vir ons sonde gesterf het, maak ons vir Hom 'n kaartjie om dankie te sĂȘ daarvoor.
Die kleintjies luister na die storie van die plae en daar is paddas oral oor ons veltbord. Dan teken ons gesiggies met en sonder ore vir die koning wat net nie wou hoor en luister nie. Hier help Emma se mamma en pappa haar teken terwyl TJ seker maak hy het ore.

Vir verversings maak ons groter kinders kruise wat hulle na die tyd kan eet. Henry en Clark wys hulle kruise.
Dominique, Ami en Megan is net so in hulle skik met hulle kruis
Dominique, Ami en Megan is net so in hulle skik met hulle kruis
As julle dubbel kliek op die kaartjie en/of foto's sal dit mooi groot oopmaak
No comments:
Post a Comment