Wednesday, February 6, 2008

ECC - Ons hoor hoekom Jesus opgestaan het

Elke week vertel ek net hoe lekker ons kinders sing en beweeg met ons musiek. Hierdie week was dit weer so, maar ek wil julle bietjie wys dat ons groepleiers dit net so geniet. Soos julle dus sal sien, "oud" en "jonk" kan saamsing. Tannie Heleen in aksie!!
Tannie Charmaine
Sy's splinternuut en vandag vir die eerste keer hier, maar tannie Corinne geniet dit net so!
Welkom by ons Corinne!!
En dan is ons kleintjie tog so oulik as hulle saamsing. Klein Emma (2) wys ook
Thomas (5) het ook nou van die liedjies onder die knie
Hier is van die ander maats
Nog 'n klompie...
Skuus aan die kinders wie se foto's nie vandag in is nie.
Ons kleintjies doen Moses en die see op die veltbord en teken.
Hierdie klompie lyk my werk baie hard.
Hierdie is nie van die tieners nie en hulle kruip nie agter hulle boekies weg nie!

No comments: