Verlede week na 'n lang breuk het amper al ons maats (behalwe die tieners wat nie groep gehad het nie) opgedaag, en ons wil vir u die ouers baie dankie sĂȘ daarvoor. Na 'n lang breuk was hulle nog net so entoesiasties en vol lewe met die sang en dit was lekker om hulle weer almal te sien.
2 - 5 jariges (kleuters)
Verlede keer het ons van die plae gehoor en hierdie week hoor ons van iets grooooottts wat gebeur het...Die Rooi See!!! Ons het ook baie goeie nuus ..... ons het vir julle nou jul eie tannie wat elke week met julle gaan werk. So kyk bietjie uit vir nog maatjies en onthou julle mag vroeer huis toe gaan omdat julle amper groot is.
6 - 12 jariges
Ons doen hierdie week Superstar en hoor hoekom Jesus teruggekom het. Die versie wat julle moet ken is Romeine 8:11 in Engels of Afrikaans. (Sien aan regterkant)
Tieners
Ek mis julle en dis nou tyd om terug te kom. Alhoewel daar nog iewers eksamen geskryf word, het ons vandag groep. Ons het baie dinge om oor te gesels, so bring 'n bordjie iets om te kou en iets om te drink saam.
Algemeen
1 Ek wil net weer die mammas aan die Ester konferensie hierdie naweek (8 & 9 Februarie) in
Dubai herinner. Vir meer inligting kyk op die blok van 23 Januarie of kontak my
2 Die kamp van 21 - 23 Februarie. Die inskrywingsvorms gaan vandag uit en moet volgende
week terug wees! Ek hoop dat al ons maats 10 en ouer, hierdie kamp gaan bywoon. Dis nie
elke dag dat ons saam met mede Suid-Afrikaanse maats van Dubai en Al Ain kan saamkamp
nie. Sien inligting op blok van 31 Januarie.
3 Dankie vir die ouers wat saam met ons gebid het vir 'n groepleier vir die kleuters. Corinne het
aangebied om met hulle te help. Welkom by ons Corinne!
4 Daar is nog nuwe SA kinders in die buurt. Ouers as julle weet van hulle, kom ons vertel hulle net
van die groep en bring hulle saam vir 'n kuier.
Sien almal Maandag!
No comments:
Post a Comment