Die koue weer het "weggetrek" (miskien) en daar het 'n klompie wonderlike goed gedurende die week gebeur.Eerstens het ons Maandaggroep "amptelik" oorgetrek na die nuwe kerkgebou. Dis tye soos die wat mens agterkom hoeveel goed ons al opgegaar het gedurende die jare, maar gooi nou net iets weg... Ons is baie dankbaar teenoor ECC dat hulle vir ons die gebruik van klaskamers en die gebruik van kasse om ons goed in te bêre beskikbaar maak.
Dan het ons ook die voorreg gehad om hierdie naweek die Ester Konferensie in Dubai te gaan bywoon. Ds Elsa Meyer van die Moreleta Park gemeente met haar span het dit hier kom aanbied en dit was 'n belewenis. Ek vertel binnekort meer daarvan. So jammer meer van ons mammas kon dit nie bywoon nie, maar een van hulle, ek noem nie name nie (Erika) het dit net so geniet!
Kleuters 2 - 5 jaar
Ons hoop dat al die maatjies hierdie week hier sal wees. Tannie Corinne sien uit daarna om met julle te werk en ek's seker sy het baie verrassings vir julle.
6 - 12 jaar
Ons is op die laaste les van My Big Screen Adventure en gaan vandag leer hoe Christene kan groei. Die versie wat julle moet leer is Kol 2:6-7 (Sien op regterkant van blok)
Tieners
Ons het groep vanaand. Bring julle boekies en Bybels saam.
Algemeen
Kamp
Die meeste van julle wat kan gaan kamp (10 en ouer) het al kampvorms, bring dit asseblief saam. As van die maats wat verlede week nie by die groep was nie, wil saamkamp, ouers kom vul die vormpie sommer by my in. Vir meer inligting oor die kamp, kan bietjie terug op die bloks.
Nuwe gebou
Kyk mooi na die foto. Hierdie gebou is reg langs die oue. Ons kinders gaan in by die klein deur op regterkant en op met die trappe tot op die eerste vloer. Daar sal iemand wees wat sal help as julle nie seker is nie.
Nuwe SA Kinders
Het julle al die nuwe en ou kinders wat nie deel van ons groep is vertel van die groep? Indien nie, wil ek mooi vra of julle seblief die kinders se inligting vir my kan deurgee dat ons die ouers kan kontak.
Lekker week vir almal en ons sien julle klomp Maandagaand!
No comments:
Post a Comment