Tuesday, February 12, 2008

ECC - Hoe groei ons in Jesus

Dit was sommer lekker om in die nuwe kerkgebou groep te hê vanaand en ons kinders het dit net soveel geniet en so lekker saamgesing. Verskoon die "donker" foto's maar ek was so oulik om dit met die ligte af sonder flash te neem :-)

Van ons kinders sing baie lekker saam

Twee van ons dansleiers Claudia en Daleen dans saam met die dvd. Kyk presies dieselfde aksie.

Van ons seuns wat saamdans .... en toe sit die tannie die lig aan .....

Klein Emma met altwee haar voete in die lug terwyl sy saamdans. Hierdie feetjie prinses wou nie vanaand foto's geneem hê nie.
Corinne en die kleuters werk aan hulle veltprentjie oor God wat die volk lei en van kos voorsien.
Die kleingoed het lekker aan die "manna" vir verversings geeet maar Thomas hier by tannie Corinne sê hy eet nie kwartels nie (vanaand was dit papaja) Die middelgroep besig met hulle aktiwiteite. Hulle het gehoor hoe kan ons in Jesus groei.
Hulle het bome gemaak wat hulle self uitbeeld en wat hulle nodig het om te groei. Hier is Henry hard besig met sy boom
Mariette met haar boom
Liam is trots op sy boom
Hierdie boom dra sommer baie vrugte
Die tieners het oor gebed gepraat en 'n paar het die kuns om die kamera te ontduik heeltemal bemeester.... kry gaan ek julle nog kry.

No comments: