Friday, February 15, 2008

Afr - Hoe word ons met die Heilige Gees gevul?

Vanaand het ons 'n paar maatjies gehad wat Kindergroep toe gekom het, en ons hoop dat die ander maats weer volgende week sal terugwees.

My foto's van die lofprysing het bietjie geflop vanaand, maar soos julle kan sien op hierdie een, het ons twee jongstes, Saskia en Carmen lekker saam met die ander gesing!
Ons blaas ballone op om te demonstreer dat sonder "lug" kan die ballon niks doen nie. Hier is Daleen, Luanda en Marnus besig met hulle ballonne.
Wanneer ons soos die ballon gevul is met "lug" (die Heilige Gees) dan kan ons ook "vlieg".
Kyk net hoe vlieg tannie Charmaine en Carmen se ballon.
Marnus vul sy ballon met LUG
Daleen maak seker haar "lug" bly binneDan gaan die "ouer" maats en hoor hoe kan ons gevul word
Thirsty - John 7:37-38
Repent - 1 John 1:9
Trust - Luke 11:13
Obey - Gal 5:16
Die klein maatjies leer hoe Jesus die Rooi See laat oopgaan het. Hier verduidelik Saskia wat sy van die lessie onthou het. (Op 'n stadium ken sy nie die antwoord nie en sĂȘ ewe, julle kan maar nou my maatjie vra)
Carmel verduidelik presies wat Moses met sy staf gedoen het
Dan maak ons prentjies om in ons kamer te hang oor die vrugte van die gees.
Ons drink melk met gegeurde strooitjies wat simboliseer hoe die Heilige Gees ook ons lewe kan "kleur" en verander.
Marnus en Carmen drink hulle melk.

No comments: