Monday, February 18, 2008

ECC - Ouerbrief 18 Februarie

Verlede week het ons kinders die laaste les van die Discipleland se My Big-Screen Adventure, Showing Jesus around the globe voltooi en volgende week die 25ste begin ons 'n nuwe Adventure. Hierdie week beplan ons die volgende:
Kleuters
Julle het groepie saam met tannie Corinne en ek's seker sy het 'n baie interessante storie om vir julle te vertel.

Ons probeer nog steeds nog 'n maatjie of twee vir hierdie groepie kry, so asseblief ouers as julle weet van enige SA kleuters, laat ons weet. Hulle maak nie so laat klaar as die ouerklomp nie, en die ouers kan hulle teen half nege in die bed hê.
6 - 12 jariges
Ons gaan saam met die tieners 'n dvd kyk vanaand, so bring ietsie om te eet en drink (wat nie mors nie). Onthou ook die uitdaging van wie die meeste versies van ons afgelope reeks kan opsê - daar is 'n GROOT prys te wen!!! (Sien kantlyn vir inligting)
Tieners
As aanvulling van ons lessie verlede week van Dare to be a Daniel gaan ons 'n dvd van Louie Giglio kyk How Great is our God. Hierdie dvd het ongelooflike mooi tonele en as daar enige ouers is wat lus het om dit saam te kom kyk, asseblief kom gerus. Bring 'n kou en drinkdingetjie tieners!!
Kamp



Ons is 13 jongmense van Abu Dhabi wat gaan saamkamp (en twee "ouer" mense) en ek hoop dat julle almal soos ons baie uitsien na die kamp. Die mense wat die kamp reel (o.l.v. Hannes van Dubai) het ongelooflik baie moeite gedoen en ek weet sommer dat julle almal die kamp gaan geniet en die ouens wat nie gaan nie, gaan spyt wees julle was nie daar nie. Die volgende benodighede moet saamgebring word kamp toe:-
Jouself' met 'n positiewe gesindheid en Lus vir die lewe en 'n sterker verhouding met God!
Jou Bybel, notaboek en pen
Gemaklike koel klere en stapskoene!
Warm baadjie en broek (sweetpak)
Slaapsak/Duvet en kussing
Sonhoed en sonbrandroom
Voorskrif/Allergie medisyne (Ouers maak seker dat ons weet van die medikasie)
Mediese fonds kaart (net waar van toepassing)
Badsakkie en handoek
Kamera as jy een het
Flits
Eetgery (dit sluit mes, vurk, lepel, bord, beker en papbakkie in - Papier is lekker, maar pap werk nie lekker daarmee nie) Bring ook 'n afdroogdoek saam om dit af te droog nadat julle dit gewas het!
Pakkie koekies om met ander te deel
Ouers asb nie sakke vol lekkergoed nie want dan eet hulle nie hul kos nie.
Geen PSP's en gameboys nie, bring wel julle kitare!
Die reelings vir die vervoer sal na Maandagaand deurgegee word.
Sien julle Maandag!!

No comments: