Sunday, February 22, 2009

Liefde en deel jou storie

Ons begin deur 'n paar gunstelinge op versoek te sing en die kinders sing dat die lokaal bewe. Moenie vir hulle vertel nie, maar hier is 'n paar van die tieners aan die dans :-). Vanaand vertel die sjef vir ons dat mens vir jou meisie 'n appel vir valentynsdag kan gee omdat dit eerstens rooi is en tweedens omdat daar ietsie in die middel van die appel is. En nee is nie 'n wurm nie, dis 'n ster binne-in die appel. Volgens die sjef kan mens dan vir die meisie se "My liefde vir jou skyn so helder soos 'n ster in die donker nag" of iets :-). Net so sit God iemand binne ons wanneer ons Sy kinders word ... die Heilige Gees. Ons speel 'n speletjie waar ons die bekertjies moet optel sonder om daaraan te raak. Dis onmoontlik en elkeen kry nou 'n ballon wat binne die koppie opgeblaas moet word. Die koppie lig nou op omdat die lug wat ingeblaas word die ballon gevul het. Uit ons eie kan ons nie ander mense liefhe nie, net God se liefde in my kan dit regkry. Na die lessie speel ons ook 'n hersieningsspeletjie. As ons regraai kies ons 'n appel en elkeen het 'n punt op die agterkant. Ons luister na 'n storie van die tweede wereldoorlog en vir verversings het ons vandag .... ja reg geraai..... appels!Die tieners se les is "Sharing your story and God's story" en ons praat oa oor Wat dit beteken om ons lig te laat skyn? Hoe kan goeie dade 'n invloed op nie-gelowiges?

No comments: