Thursday, February 19, 2009

Saggeus en Asemhalingsoefeninge

Min maats wie se ouers hulle vanaand bring en miskien speel die erge sandstorm 'n groot rol. Ons sing lekker saam. Ons kleintjies hoor vanaand van Saggeus wat Jesus ontmoet het. Hulle kleur hulle bome met blaaspotlode in en hulle geniet dit omtrent. Tannie Sunet vertel hulle van Saggeus wat so kort was dat hy in die boom moes klim om vir Jesus te sien. Toe Jesus hom sien roep se Hy "Saggeus, klim gou af, want Ek wil vandag vir jou in jou huis kom kuier." Die maats kleur vir Saggeus en Jesus in. Dan help tannie Sunet dat hulle die gekleurde prentjie mooi inkleur. Sy konsentreer mooi :-). Van die maats se prentjies. Dan hersien hulle die storietjie en elkeen se mannetjie kom in die boom sodat hulle vir Jesus kan sien en Hom roep. Die ouer kinders moet 'n balletjie papier blaas na die wedpaal. Dit lyk asof Marcelle kyk Danielle dit doen. Ons het baie asem nodig om die balletjie so te blaas. Gebed is soos asemhaal en mens moet elke dag asemhaal. Dan praat ons oor verskillende gebedsposisies. Ons doen 'n blokkiesraaisel oor in watter posisies en plekke sommige bybelkarakters gebid het. Jona (in die vis se maag), By die rivier in Handelinge en ook in die tronk en selfs op die dak. In 1 Konings 8:54 het hulle gekniel met hande uitgestrek gebidIn 2 Sam lees ons daar is op die grond gele terwyl hulle gebid het. Soos die twee wys lees ons in 1 Kronieke 17 dat hulle ook gesit en gebid het.


Hoe gereeld praat jy met God deur te bid? Is jy besig om 'n asemtekort te beleef omdat jy nie bid nie?

No comments: