Sunday, February 15, 2009

Ons begin met ons nuwe lessies!

Lekker om altyd hierdie klomp kinders en hulle geesdrif te sien en vanaand sal die groep (behalwe die tieners) met ons splinternuwe reeks "'n Vrugtefees saam met die Heilige Gees" begin. Daar word soos gewoonlik lekker saamgesing. Ons sluit af met Glory and Honor 'n groot gunsteling. Vanaand se les is die tema-bekendstelling en die kinders ontmoet ons karakter "Sjef JP" wat gereed is om die klomp meer te vertel. Sjef JP het 'n "waatlemoen" (groen ballon gevul met water en strepies op geteken) wat hy wil sny en twee helpers kom hou die waatlemoen vir hom vas. Die water spat lekker en ons hoor ook dat 'n waatlemoen uit 90% water bestaan. Dan kom nog twee maats Dominique en TJ help sodat 'n regte waatlemoen gesny kan word. Dit lyk asof die sjef sy "werk" geniet! En so lyk 'n regte waatelemoen van binne en net-nou gaan almal 'n waatlemoen maak. Ons luister waarna die verskillende dele van die waatlemoen ons kan aan herinner. Die versie wat ons vanaand moet memoriseer is 2 Kor 3:18 "Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word .... Dit doen die Here wat die Gees is." Hoe sien mense ons as hulle na ons lewe kyk. Soos Jesus in Gal 5:22-23 of soos Gal 5:19? Ons luister ook daarna na 'n storie van Die Gemaskerde Man. Vir aktiwiteit maak ons papierbord-waatlemoene. Kyk net hoe trots is almal op hulle waatlemoene. En vir verversings .... wat anders as Waatlemoen!? Ons tieners doen hulle Les 4 vanaand wat gaan oor "Serving others in Love" en ons kyk na elkeen se talente en gawes en hoe ons dit as deel van die liggaam van Christus kan gebruik.

No comments: