Wednesday, February 11, 2009

Woord-vitamines en hoe word ek God se kind

Vanaand het minder ouers hulle kinders groep toe gebring, maar aan geesdrif vir die klomp wat daar is ontbreek dit nie. Ons sing lekker saam en ook die nuwe maat en nuwe groepleier! Ja kan julle dit glo. Vader is so goed vir ons ... twee van die groepleiers kan nie meer help nie en Hy stuur vir ons 'n nuwe een Jean Lombaard. Hierdie drie meisies, geniet omtrent die liedjie. Van die groter kinders wat ook saam lofprys. Klein Inacia sing ook party liedjies saam. Ons kleintjies se lessie vanaand is Hoe word ek God se kind. Ons hoor ons moet vir God jammer se oor ons sonde, ons moet in Jesus glo en ons moet God vra om Sy kind te wees. Hier plak hulle verskillende prentjies om die boodskap uit te beeld. Nika het 'n lang storie om te vertel. Klein CJ luister ook mooi. Tannie Sunet help 'n bietjie met die plak van die legkaart. C.J se mamma werk net so hard saam. Nelmari en Toinette het ook pret terwyl hulle inkleur. Die twee kleur hard in aan die verskillende stappe. Mooi glimlag van Toinette nadat sy klaar is. Ons groter kinders se les vanaand is Woord-vitamines. Ons begin met 'n speletjie om die regte onderlyf en bolyf van 'n sportspeler by mekaar gepas te kry. Sybrandt is eerste om sy prentjie wat pas uit te soek. Ons hoor dat vitamines belangrik is vir ons liggaam sodat ons sterk en gesond ons daaglikste take kan doen. Daar word gekyk na 'n houertjie vitamines wat mens kan koop en Jean lees vir ons watter vitamines alles in die houertjie is. Maar om dit te lees beteken nie ons is nou sommer gesond nie, ons moet dit neem. Net so het ons 'n daaglikse dosis van God se Woord nodig en ons lees verskillende "vitamine-skrifte" oor wat ons nodig het uit die Bybel. Hier lees Sybrandt een van die versies. Daarna praat ons in die groepe oor hoe gereeld ons vitamines van God se woord inneem en hoe ons dit inneem. Dis baie belangrik om elke dag tyd saam met God te spandeer. God se vitamines sal slegs vir ons iets beteken as ons inneem en nie net lees nie.


As jy 'n opdrag uit God se Woord lees, doen dit

As God vir jou 'n belofte gee, glo dit!

As God jou waarskuwing gee, bly uit die moeilikheid!

No comments: