Monday, February 9, 2009

Tania en Werner besoek Al Ain se kinders (4)

Die laaste besoekpunt aan een van ons kindergroepe is Al Ain en alhoewel hulle 'n klein groepie is, is dit die groep wat die meeste betrokke is by die lessie. Ek gaan nie weer die lessie herhaal nie, julle kan by die ander besoekpunte lees, maar hier is 'n paar foto's. Tania en Werner maak kennis met die kinders en vind bietjie meer uit omtrent hulle. Hulle stel hulleself ook voor aan die kinders en sing vir die verjaarsdagmaatjies. Die klompie sing en beweeg lekker saam met hulle musiek en tannie Tania begin ook nou die liedjies ken. Ons leer hulle ook 'n nuwe liedjie wat hulle gou-gou saamsing. Die professor besoek die kinders ook hier en vertel vir hulle die storie van die Romeinse Ryk en later van God wat aan die kruis gesterf en na drie dae weer opgestaan het. Met die speletjie op die einde word daar deur almal saamgewerk. Hulle luister na die vrae. Help om die klere aan te trek. Stry oor wie die vraag mag antwoord en geniet alles sooo!! Dankie tannie Tania en oom Werner vir al die mooi stories vir ons kinders van die UAE. Ons hoop julle kom gou weer kuier!\

No comments: