Ons kleintjies is vanaand min, maar daar is 'n mooi klompie groter kinders wat opdaag vir kindergroep. 

Daar word lekker gesien en beweeg.
Die kleintjies doen hulle laaste lessie van ons boekie "Verkleurmannetjies" (deur KidsXpress) vanaand. Dmv ons hand hoor ons hoe om geestelik te groei. 
Ons duim wat 'n sterk vinger is se vir ons om elke dag ons Bybel te lees, ons wysvinger wys na bo om te se dat God graag met ons wil praat (bid), ons middelvinger is die langste en staan uit bo al die vingers. Dit wil jou help om te onthou dat jy nooit mag stilbly oor die wonderlike nuus van Jesus nie. 
Ons ringvinger is die swak vinger en onthou ons om elke dag ons sonde vir Jesus te kom vertel (bely). Die pinkie se dis nie goed om heeltyd alleen te wees as jy God se kind is nie, jy moet saam met ander kinders van Jesus wees om geestelik te groei. .JPG)
.JPG)
.JPG)
.JPG)
Die groter kinders is nog ernstig besig met hulle boekie oor ons geestelike wedloop en hoe om fiks te word daarvoor. Vanaand hoor ons hoe om by die reels te hou. Eers maak ons 'n menslike hindernis baan waar ons self die hindernis is. In enige wedloop is daar opponente en ook struikelblokke/hindernisse en ons gaan hoor hoe om dit te oorkom in ons geestelike wedloop.
Ons speel 'n speletjie om bietjie te hersien oor die vorige lesse. Ons hoor van die wet van swaartekrag wat goed is - maar ons ignoreer dit partykeer en dan gebeur 'n ongeluk. Die wet van swaartekrag beskerm jou as jy dit gehoorsaam. Net soos die natuurwette het die Here ook vir ons geestelike wette gegee om te gehoorsaam. In Timoteus 2:5 se Paulus: "'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reels meeding." 

Ons doen 'n aktwiteit oor die wette en daar word erg gekonsentreer en gedink hoe is dit van toepassing op vandag.
Jean lees vir ons die gebooie van Eksodus sodat ons kan hoor hoe die wette in die Bybel staan, en ons merk ons antwoorde van die aktiwiteit.
Showing posts with label verkleur. Show all posts
Showing posts with label verkleur. Show all posts
Thursday, March 12, 2009
Monday, March 9, 2009
Paulus word God se kind en hou jou voete fiks
'n Lekker sandstorm en net 'n paar van ons maats se ouers sien kans om dit aan te durf.
Die maats sing lekker saam, lyk behoorlik of daai drie dogters 'n gumboot dans doen :-).
Die kleintjies luister na 'n storie van Paulus wat na Damaskus gegaan het om Jesus se mense te gaan vang en hoe hy blind geword het.
Ananias het vir hom gebid en Paulus het gehoor hoef lief Jesus vir hom is en hy het uitgegaan en kon nie stilbly nie - hy moes vir mense vertel het van wat Jesus vir hom gedoen het. Hier kleur hulle die verskillende gesigte van Paulus in die storie in.
Die groter kinders begin met 'n speletjie waar hulle 'n bal met hulle voete vir mekaar moet aangee sonder dat die bal op die grond val en dis glad nie maklik nie hoor. 

Almal neem egter deel en die bal raak die meeste van die tyd nie die grond nie, wel 'n hand of twee. In hierdie speletjie sien ons dat selfs 'n mens se voete fiks moet wees.
Ons luister na die storie waar Jesus vanaf Judea na Galilea toe oppad is en Hy vir 'n Samaritaanse vrou vra vir water. Daarna verdeel hulle in kleiner groepies en doen 'n aktiwiteit waar die leidrade in die Bybel gesoek moet word.
Ons voete moet fiks wees en in Handeling 1:8 gee Jesus vir ons 'n opdrag "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wereld." Kyk net waarheen kan ons geestelike amazing race ons neem. Waarheen moet ons voete ons neem om getuies van die goeie nuus te wees?
Thursday, February 19, 2009
Saggeus en Asemhalingsoefeninge
Min maats wie se ouers hulle vanaand bring en miskien speel die erge sandstorm 'n groot rol. 


Ons sing lekker saam. 



Ons kleintjies hoor vanaand van Saggeus wat Jesus ontmoet het. Hulle kleur hulle bome met blaaspotlode in en hulle geniet dit omtrent.
Tannie Sunet vertel hulle van Saggeus wat so kort was dat hy in die boom moes klim om vir Jesus te sien. Toe Jesus hom sien roep se Hy "Saggeus, klim gou af, want Ek wil vandag vir jou in jou huis kom kuier." 
Die maats kleur vir Saggeus en Jesus in.
Dan help tannie Sunet dat hulle die gekleurde prentjie mooi inkleur. Sy konsentreer mooi :-).
Van die maats se prentjies.
Dan hersien hulle die storietjie en elkeen se mannetjie kom in die boom sodat hulle vir Jesus kan sien en Hom roep.
Die ouer kinders moet 'n balletjie papier blaas na die wedpaal. Dit lyk asof Marcelle kyk Danielle dit doen. Ons het baie asem nodig om die balletjie so te blaas. Gebed is soos asemhaal en mens moet elke dag asemhaal.
Dan praat ons oor verskillende gebedsposisies. Ons doen 'n blokkiesraaisel oor in watter posisies en plekke sommige bybelkarakters gebid het. Jona (in die vis se maag), By die rivier in Handelinge en ook in die tronk en selfs op die dak.
In 1 Konings 8:54 het hulle gekniel met hande uitgestrek gebid
In 2 Sam lees ons daar is op die grond gele terwyl hulle gebid het.
Soos die twee wys lees ons in 1 Kronieke 17 dat hulle ook gesit en gebid het.
Hoe gereeld praat jy met God deur te bid? Is jy besig om 'n asemtekort te beleef omdat jy nie bid nie?
Wednesday, February 11, 2009
Woord-vitamines en hoe word ek God se kind
Vanaand het minder ouers hulle kinders groep toe gebring, maar aan geesdrif vir die klomp wat daar is ontbreek dit nie.
Ons sing lekker saam en ook die nuwe maat en nuwe groepleier! Ja kan julle dit glo. Vader is so goed vir ons ... twee van die groepleiers kan nie meer help nie en Hy stuur vir ons 'n nuwe een Jean Lombaard.
Hierdie drie meisies, geniet omtrent die liedjie.
Van die groter kinders wat ook saam lofprys.
Klein Inacia sing ook party liedjies saam.
Ons kleintjies se lessie vanaand is Hoe word ek God se kind. Ons hoor ons moet vir God jammer se oor ons sonde, ons moet in Jesus glo en ons moet God vra om Sy kind te wees. Hier plak hulle verskillende prentjies om die boodskap uit te beeld.
Nika het 'n lang storie om te vertel.
Klein CJ luister ook mooi.
Tannie Sunet help 'n bietjie met die plak van die legkaart.
C.J se mamma werk net so hard saam.
Nelmari en Toinette het ook pret terwyl hulle inkleur.
Die twee kleur hard in aan die verskillende stappe.
Mooi glimlag van Toinette nadat sy klaar is.
Ons groter kinders se les vanaand is Woord-vitamines. Ons begin met 'n speletjie om die regte onderlyf en bolyf van 'n sportspeler by mekaar gepas te kry. Sybrandt is eerste om sy prentjie wat pas uit te soek.
Ons hoor dat vitamines belangrik is vir ons liggaam sodat ons sterk en gesond ons daaglikste take kan doen. Daar word gekyk na 'n houertjie vitamines wat mens kan koop en Jean lees vir ons watter vitamines alles in die houertjie is.
Maar om dit te lees beteken nie ons is nou sommer gesond nie, ons moet dit neem. Net so het ons 'n daaglikse dosis van God se Woord nodig en ons lees verskillende "vitamine-skrifte" oor wat ons nodig het uit die Bybel. Hier lees Sybrandt een van die versies.
Daarna praat ons in die groepe oor hoe gereeld ons vitamines van God se woord inneem en hoe ons dit inneem. Dis baie belangrik om elke dag tyd saam met God te spandeer. God se vitamines sal slegs vir ons iets beteken as ons inneem en nie net lees nie.
As jy 'n opdrag uit God se Woord lees, doen dit
As God vir jou 'n belofte gee, glo dit!
As God jou waarskuwing gee, bly uit die moeilikheid!
Subscribe to:
Posts (Atom)