Tuesday, April 21, 2009

Ons vat vlam, waak en bid

Ons het vanaand twee nuwe maatjies en twee besoekers wat by ons aansluit. Hulle geniet die sing en bewegings net so baie en doen lekker saam. Tannie Sunet wys saam "...there's only one we can get to heaven..." terwyl ons die Camel song sing. Die kleintjies luister vanaand hoe belangrik dit is om te waak en bid sodat ons nie in die versoeking kom nie. Hulle kleur prentjies in en dit word dan geplak en gevou om 'n "dice" te vorm wat se: "Vertrou volkome op die Here" Spreuke 3:5. (Ek het ongelukkig nie 'n voltooide een kon afneem nie want die ouers was te vroeg terug by ons.) Die groter kinders werk nog aan ons lessies in Amazing race en vanaand "Vat hulle Vlam" en leer hoe om God se liefde aan ander oor te dra deur hulle lig te laat skyn. Hulle speel ook 'n agterstevoor-aflos waar 'n item van bo-oor en tussen die bene aangegee word. Hulle luister na die lessie en neem ook deel in groepies om die versies Johannes 8:12, Matt 5:14-16 en Ef 5:8-9 op te soek en voor te lees vir die ander maats.

No comments: