Friday, April 24, 2009

Ons laaste lessie oor nederigheid en selfbeheersing

Soos gewoonlik begin ons, die groep met heerlike lofsang. Almal neem deel en sing lekker saam. Ek wonder wat het Rikus en Nelmari vir mekaar te se hier. Dis ons laaste les van ons boekie "'n Vrugtefees saam met die Heilige Gees" van KidsXpress wat handel oor Nederigheid en Selfbeheersing. Charmaine vertel vir die kinders dat ons wys dat die Heilige Gees in ons woon deur nederig te wees en selfbeheersing toe te pas. Sjef JT is vanaand ongelukkig nie hier nie en die kinders vra nogal na hom. Ons luister ook na 'n storie van 'n slaaf wat op 'n veiling verkoop is. Ons kry kans om versies te leer sodat ons kan kyk watter groepie ken die meeste en hier is almal hard aan die leer. Dan is dit kompetisie tyd en ons is beindruk met hoe goed almal die versies van die boekie ken. Vir eetgoed is dit vrugteslaai en vla vanaand. Ai tog, die selfbeheersing :-). As deel van die les oor nederigheid kry ons ook geleentheid om mekaar se voete te wys soos Jesus vir Sy vriende in Johannes 13 gewys het om die vrug van nederigheid uit te leef.

No comments: