Monday, April 27, 2009

Simson se krag en Gebed

Met 'n lekker klomp amper tieners teenwoordig word daar sommer lekker gesing. Kyk net hoe geniet almal dit en hoe neem almal deel. Ons kleintjies se lessie vanaand gaan oor gebed en hoe belangrik dit is. Eers skryf ons as 'n groepie saam 'n brief vir God, en dan vra ek hoe ons dit by Hom gaan kry? Van die antwoorde is kostelik en ek moet dit met julle deel. Een wil die briefie in 'n ballon sit en dan die ballon laat opgaan hemel toe, terwyl 'n ander een se ons moet iemand soek wat besig is om dood te gaan wat die briefie kan saamneem...en wat as daardie persoon dalkies nie hemel toe gaan nie? :-) Gebed is baie makliker en dis 'n manier waarop ons enige plek en enige tyd met God kan praat. Ons maak ook gebedsblommetjies en hande om te wys hoe ons moet bid. Die ouer kinders kyk vanaand 'n dvd oor Simson en dan bespreek hulle dit. Om ons "krag" te wys word daar ook tougetrek en die kleintjies wil net so graag meedoen.

No comments: