Sunday, May 10, 2009

Nederig na die wenstreep

Ek vra groot omverskoning dat hierdie blog so laat is, maar Mei was eenvoudig net 'n dol maand. Maar liewers laat as nooit! Soos altyd sing die kinders baie lekker. Klein Allesia kom weer vir ons kuier en wys dat mens klein-klein kan saamwys en sing en die ander kleintjies geniet haar baie. Kyk net hoe oulik lyk ons tiener-stapsoldaatjies :-). Ons kleintjies doen vanaand die storie van die Fariseer en tollenaar in Lukas 18:9-14 en maak vingerpoppe sodat ons die storie kan demonstreer.Vir die ouerkennis is ons stadig besig om na die einde van ons boekie te beweeg en die les is dan ook "Na die wenstreep". Weer hou ons 'n olimpiese spele met diskusgooi (papierborde), spiesgooi (strooitjies) gewigstoot (plastiek balle) ens. Hulle span al hulle krag in om die iteme 'n afstand te gooi. Die wenners kry 'n prys en die les is dat ons al ons kragte in die goeie wedloop van die geloof moet inspan om dit te voltoi en die ewige lewe as prys te behaal. (1 Tim 6:12). Na die les gesels die jongmense nog 'n bietjie terwyl die kleintjies die plasse water op die gholfbaan ontdek. Lekker!!

No comments: