Met my, Charmaine en Sunet al drie op 'n bietjie vakansie is dit Nelmari en Sekkie (een van ons ouers) wat instaan. Min kinders by die groep maar Nelmari laat hulle nogtans lekker sing. Die kleintjies se lessie gaan vanaand oor Vergifnis in gebed en hulle gesels oor hoe ons moet bid. Hulle hoor ook die storie van Petrus in Matt 18:21. Ons ouer kinders praat oor "opgee is nie 'n opsie nie!" en die hoofdoel is om hulle te laat besef dat hulle tot alles in staat is deur Christus wat hul krag gee (Fil 4:13).
Watter dinge kan met ons gebeur wat maak dat ons in die geestelike wedloop wil opgee? Vertel vir die Here daarvan en onthou "Ek is deur alles in staat deur Christus wat my krag gee."
Baie dankie Sekkie vir die aanbied en Nelmari vir die sanglei, kleintjies vat en 'n paar foto's!
1 comment:
Hi
Ek wil net se mag God julle ryklik seen.
Post a Comment