Vanaand is daar meer maats by ons groep en Nelmari en Erika (een van ons mamma's) staan in vir ons 3 op vakansie.
Dit lyk asof die kinders baie lekker gesing het en daar is twee nuwe maatjies teenwoordig!
Ons kleintjies se les gaan oor die verlamde man wat genees word (Hand 3:1-26). Hulle maak ook mannetjies wat kan loop, kyk net hoe hard werk hulle.
Die ander kinders doen "Comrades-kampioene" en hoor dat hulle mekaar se laste moet help dra en mekaar moet aanmoedig om die wedloop end-uit te hardloop. Wat leer ons uit die Comrades oor die geestelike lewe en hoe kan ons iemand aanmoedig?



Dankie Erika vir die hulp vanaand en Nelmari vir joune en die foto's!
No comments:
Post a Comment