Na 'n kort breuk op vakansie is dit lekker om weer terug te wees by die kinders. Dankie weereens vir Sekkie, Erika en Nelmari wat die fort gehou het terwyl ek, Charmaine en Sunet bietjie weg was, ons waardeer dit en julle! Ons kinders sing baie lekker soos gewoonlik aan die liedjies . Klein Christiaan voel 'n bietjie oorweldig deur alles maar ouboet Lutke vang die bewegings vinnig op. Tannie Sunet vertel vanaand vir die kleintjies van Dorkas wat opgewek word en ons leer dat die regte reaksie op wonderwerke is om in die Here Jesus te glo. Hulle werk ook hard aan hulle aktiwiteite om die lessie nog beter te verstaan.Ons groter kinders kyk na 'n dvd oor verskillende wonderwerke wat God gedoen het en daarna bespreek ons die wonderwerke wat ons elke dag in ons lewe ervaar.
No comments:
Post a Comment