Die vakansie kom nou nader en van ons kinders begin alreeds weggaan vir die tydperk. Maar ons is nogtans dankbaar vir die klomp wat wel nog opdaag. Klein Adam is baie bly om sy vriend Liam te sien en wil eers nie alleen bly nie, maar Nelmari troos en gou-gou vergeet hy mamma's nie daar nie. Ons maats sing en beweeg weer lekker saam met die musiek om God te loof! Ek kry nie vreeslik kans vir foto's vanaand nie. Die kleintjies hoor dat die evangelie vir almal bedoel is, ongeag en die storie gaan oor die evangelie wat na die nie-Jode gebring is. Die aktiwiteite gaan oor die blye boodskap en ons maats werk mooi saam. Nog 'n dvd vanaand vir die groottes en hierdie keer een van Dawid wat de reus oorwin. Ons mag dalkies dink dis 'n "ou" storie, maar watter "goliat" moet ons daagliks in ons lewe oorwin? Ons kyk hoe ons dit hanteer en of ons ook soos Dawid glo en vertrou wanneer ons ons dag aanpak.
No comments:
Post a Comment