Monday, June 29, 2009

Ons sluit af vir die somer

Hierdie inskrywing is sommer baie laat en ek's jammer, maar ons wil dit nog steeds op ons blog sit. Met die somervakansie wat nou aangebreek het, is die meeste van ons maatjies weg met vakansie en die klompie wat opgedaag het, was ook al amper op die vliegtuig. Dit het hulle nie verhoed om soos gewoonlik met oorgawe saam te sing nie. Daar word lekker gesing en beweeg op ons gunstelinge vir die jaar. Elriza wat by ons kuier, spring sommer so hoog in die lug. Ons jonger maats wat die afgelope weke nuuskierig was om te sien watter "fliek" die ouer kinders kyk, kry hierdie week kans om daarna te kyk en kyk net hoe aandagtig luister hulle en tannie Sunet na een van Dawid se stories. Elriza praat met ons groter maats en vertel hulle die Reddingsboodskap. Hulle maak ook lintjies vir hulle Bybel sodat hulle maklik die storie weer vir ander kan vertel.

No comments: