Die Groei-goggas is ook aan die groei by ons Sharjah-bedieningspunt. Eloise laat weet dat die kinders en volwassenes die lessie baie geniet het. Ek gaan nie weer die lessie herhaal nie, dis by die vorige inskrywing, maar loer na die foto's.
Hier maak van die kinders hulle mandjies vir die "inkopies".
Groot konsentrasie ....
Hier word die vlag wat ook in die evangelie-kleure is ingekleur.
Die groter kinders het die vlag vryhand geteken en ook ingekleur.
Nadat hulle "inkopies" gedoen het en al die lekkergoed in die lessie gekry het, het die klomp ook die gekleurde papiertjies op die vlag gaan plak. Baie oulike idee julle! Dankie vir die foto's Eloise.
1 comment:
Ha ha ha! Lekker lag ek en James nou. Ja, die volwassenes het dit net so baie geniet. Ons was so vasgevang in die hele storie, toe ons onsself kon kry, het ons dit amper meer geniet as die kinders. Groete, Eloise
Post a Comment