Ons laaste les van 'n kort studie oor Worship waar ons oa geleer het dat om Hom te worship nie net sang is nie. Volgende week begin ons nog 'n kort reeks oor Die Bybel!
Die klompie worship heerlik saam.
DIe jonger groep luister eers wat Tommie die handpop te se het en daarna eet hulle lekker aan die eetgoed wat tannie Heleen hulle bedien. Jesus het ook mense "bedien" deur oa die dissipels se voete te was. Tannie Heleen vertel van die storie terwyl sy TJ se voete was.
Hulle praat ook oor JOY en hoe die woord ons herinner om Jesus eerste, ander tweede en jouself derde te sit as ons na die behoeftes van ander kyk. J - Jesus; O - Other; Y - you. Die maats maak dan plakkate met die woorde en 'n foto van hulleself.
Die ouer kinders doen dieselfde boodskap en nadat hulle die versies in die Bybel lees wat vertel hoe ons ander kan dien, maak hulle ook 'n bord met die woorde JOY op.
Dan is dit tyd om mekaar te "bedien" met lekker warm sjokolade en koekies.
Maak nie saak watter "gift" God vir ons elkeen gegee het nie, ons moet dit gebruik om ander te dien. Alhoewel ons almal op verskillende manier dien, moet ons dit in Liefde doen asof ons besig is om God te dien, wat ons natuurlik deur die daad doen.
No comments:
Post a Comment