Verlede week het ons die worship studie voltooi en hierdie week begin ons met 'n kort studie "Hoe om die Bybel te gebruik".
Van ons maats maak verskoning dat hulle nie kan kom nie, en die ander van ons sing soos gebruiklik lekker saam.
Ons leer hoekom die Bybel so 'n spesiale boek is en anders as enige ander boek wat nog ooit geskryf is - want dis deur God vir ons geskryf.
Die Bybel is oor 'n tydperk van 1600 jaar geskryf deur meer as 40 mense wat God aangewys het wat uit verskeie beroepe gekom het. Dis oor drie kontinente geskryf in plekke soos tronke tot paleise en oorspronklik in 3 tale. En deur dit alles het die Bybel slegs EEN boodskap.
Ons leer 'n lekker manier om aan die Bybel te dink.
B - Basic; I - Instruction; B - Before ; L - Leaving; E - Earth
No comments:
Post a Comment