Hierdie klomp kinders is altyd gretig om te begin met die lofprysing. Vanaand was Henry en TJ ywerig om die klank op te stel en deur nuwe liedjies te gaan.
TJ het sommer besluit watter op 'n nuwe liedjie wat vir hom mooi is en die liedjie so van agter die projektor vir die kinders gelei.
Daarna is daar lekker gesing aan van die ou bekende liedjies. Ek kan net noem dat hierdie ouens vir 'n volle 30 min sing en dat daar kommentaar is as ons dit korter maak. Ons les gaan vanaand oor "om te gee/deel".
Tannie Heleen en Tommie vertel 'n storie en dan kry die kinders sjokolade. Party kry 'n handvol en ander kry net een en hulle is nie te gelukkig daarmee nie. Ons hoor dat in die regte lewe almal nie altyd dieselfde kry nie. Die kinders kry dan geleentheid om vir ander te gee totdat almal dieselfde hoeveelheid sjokolades het en leer in die proses dat ons God kan "worship" deur te gee.
Om te wys dat mens nie altyd baie geld nodig het om te gee nie, maak die jonger klompie blomme om vir mamma en/of pappa te gee. Kyk net hoe hard werk hulle daaraan.
Tannie Heleen gee ook vanaand vir elkeen 'n geskenkie en TJ is baie nuuskierig om te sien wat daarin is. Almal met hulle blommetjies.
Die ouer kinders kry geleentheid om te kyk hoeveel balle kan hulle op een slag vashou. Ons leer dat ons net 'n seker hoeveelheid kan ontvang en dan moet ons begin deel met ander.
Die versies wat ons lees is:
G - Generously (Ps 37:21);
I - In secret (Matt 6:3-4);
V - to victums (Deut 15:11);
E - enthusiastically (2 Cor 9:7)
Een van die mees waardevolste dinge wat ons kan gee is dankbaarheid en dit kos niks. Ons kan dankbaar wees vir al die dinge wat God vir ons doen en ons kan Hom worship deur vir Hom dankie te se.
1 comment:
Aaaaa die foto's is so kleur vol, die kiddies geniet dit so om ietsie te maak!!
Foto's is altyd good memories, ne.
Heleen
Post a Comment