Friday, October 16, 2009

Persoonlik tussen my en God

Nie al die kinders is vanaand hier nie, maar die wat daar is, het ywerig en met groot geesdrif deelgeneem aan die worship.

1

Ons is besig met 'n "Worship" studie en vanaand gaan die les oor persoonlike worship. En heel eerste worship ons Hom met ons sang!

Page3

Dan worship ons Hom ook in die onderskeie groepe deur in die Bybel te lees. Ons lees versies om te sien wat die Bybel se hoe ons tyd saam met God moet spandeer. Kom ek deel wat 3 versies se met julle:

Heb 4:16 - We can approach God with confidence and find help in times of need

Ps 5:3 - When we lay our requests before the Lord, He hears us

Luk 11:9-10 - When we ask, seek and knock, God will respond

.Page4

Ons jonger groep maak handpoppe vir 'n aktiwiteit en kyk net hoe trots is hulle daarop!

Page1

Ons ouer kinders lees ook wat die Bybel se oor tyd saam met Hom en ons kyk na 'n video clip oor hoe ons met God kan kommunikeer.

Page2

As hierdie groepleier "stout" lyk is dit presies omdat sy stout is. Die koeldrankblikkie word geskud om te demonstreer hoe goeters ons partykeer skud dat ons net soos die koeldrank wil ontplof.

Stilte tyd en alleen tyd saam met God is baie belangrik en dis ook deel van om God te worship!

3 comments:

Heleen said...

Hulle bly maar pragtige kiddies ek kan nie anders as om vir hulle lief te wees nie !!!!!
Heleen

Charmaine said...

Ek moes eintlik maar die blikkie oopgemaak het. ;-)

Sandra said...

En die kinders is baie lief vir jou Heleen! Ek wonder of hulle weet hoe geseend hulle is om twee leiers soos julle te he.

Maat bedoel jy nou die blikkie oopmaak terwyl ek daar gestaan het? Indien wel, dis nie mooi nie hoor, mens moet 'n voorbeeld vir die kinders wees