Sunday, November 29, 2009

Laaste van Die Bybel reeks

Ons laaste lessie vir die jaar voordat die Kersvakansie en eksamens aanbreek.

Page1

Verlede week het ons nuwe liedjies begin leer, en vanaand dans en sing hulle al lekker saam. Ons het hulle gevra om te help om bewegings uit te werk en baie vinnig is daar al 'n liedjie of twee wat hulle aksies voor het.

Page2

Die kinders kry kaarte om 'n huis mee te bou en nadat almal hard werk om dit gestaan te kry, word dit sommer omgestamp.

Page4

Toe word daar koekies en versiersuiker uitgedeel om te wys as ons die "mure" stewig bou, dan tuimel die huisie nie sommer in nie. Net so het ons God se Woord nodig om 'n stewige fondament vir ons te bou.

Page6

Ons leer ook vir iets om te groei het mens grond, water en sonlig nodig. Ons as Christene het ons die kerk, Bybel en gebed nodig.

DSC_0074

Tannie Heleen, Tommie en haar groepie baie trots op hulle lekker prentjies.

Page5

Die ouer kinders het dieselfde boodskap gehad en lees wat die Bybel se, waarvoor ons dit moet gebruik.

Page3

Daarna doen hulle 'n aktiwiteit.

Page8

Daar word afgesluit met "grond" muffins en "sonskyn" sap.

No comments: