Thursday, November 26, 2009

Waterpark Uitstappie!

Verlede naweek was dit weer tyd vir ons uitstappie na die Waterpark in Umm Al Quiwain en soos die vorige kere was dit een groot fees! Die kinders en volwassenes het hulleself gate uitgeniet. Kyk bietjie wat ons gedoen het! Ons was 'n busvol vanaf Abu Dhabi en maats van Sharjah, Mirdriff, Jebel Ali en Al Ain het daar by ons aangesluit.

Page1_0

Na 'n lang rit vanaf Abu Dhabi kom ons uiteindelik daar en hulle kan nie wag om te begin speel nie.

Page2_0

Die hele klomp hop op die lazy river om te gaan kyk na al die ritte langs die pad.

Page3

Een van die gewildste plekke vir die jonger maats is die waterhindernis. Die eerste paar wat ek met die kamera kan vang is die tweeling Abi en Megan besig om te kyk wie gaan wen.

Page4_0

Later is daar ook 'n paar maats van Sharjah wat mekaar hier die stryd aanse.

Page5_0

Daar is waterfietse waar mens mekaar met watergewere kan skiet, die dooie see vol sout brand elke liewe seerplekke terwyl mens lekker kan float en 'npaar kinders oa Claudia, Daniella, Loumarie en Andre speel in die branders by die nagemaakte see.

Page6

Die water laat mens 'n lekker eetlus opbou en "Snack attack" word behoorlik deur die groep geattack tydens ete. Die seniors is eerste in die ry :-).

Page12

Dan sit almal lekker en eet aan die hoender, chips en koeldrank.

Page7

Dan is dit terug na die ritte. Bo regs is oom Louis van Al Ain besig om met 'n groot spoed van die glybaan af te kom en onder regs het die Al Ain klomp gekyk wie is die vinnigste. Soos belowe hier is die "photo finish" maar ek dink die ou tweede van regs was die wenner :-).

Page8

Party is nie heeltemal reg na ete om die groot ritte aan te durf nie en dis terug na die lazy river toe. Hier kon ek AD se seniors afneem want hulle kon nie weghardloop nie :-) en ook weer Abi en Megan.

Page9

Die volwassenes is ook waaghalsig :-). Corine links bo, Abi en Megan se mamma regs, Daleen van Sharjah onder links en Hermien van Abu Dhabi onder regs.

Page11

Van Dubai se kinders by die stoele.

Page13

Nog ritte deur ons kinders.

. Page10

Dan wys Hermien en Corinne vir my hoe braaf hulle eintlik is, terwyl Charmaine en Rensia heerlik sit en gesels.

Page15

Klomp ure later is almal uitgeput en reg vir die pad terug huistoe. Die bus is baie rustiger as met die komslag.

Dankie aan die reelingskomitee vir hierdie uitstappie, ons almal het dit vreeslik geniet!!

No comments: