Tuesday, November 24, 2009

Sharjah se Groei-goggas se lessie

Tannie Eloise stuur vir ons bietjie nuus van die Groei-goggas in Sharjah.

Wat `n pragtige les! Ek was omtrent bewoe met die groot verantwoordelikheid om die les reg oor te dra.

Image022

Moet bieg, dit sit nie in enige mens se broek om so `n groot besluit (om jou hart vir Jesus te gee) op `n kinderlike vlak aan te bied nie - PURE GENADE! Dis al wat ons as kinderkerk-tannies in staat stel om dit te kan verduidelik.

Image013

Ons "tri-projektor/musiek masjien" het verlore geraak tydens verlede week se Immergroen Ouerskap aanbieding. Met die gevolg dat ons nie kon musiek luister nie, maar ons God is groot.

Image021

Ons lokaal is ook die musieklokaal vir die laerskool en hulle het hulle musiek instrumente mooitjies daar agtergelaat - TOT DIE KINDERS SE GROOT GENOT!

Image024

Ons het lekker musiek gemaak, die litte los ge-"stap-soldaatjie" en toe die les aangebied.

Dankie Vir die neem van die foto's Eloise, al is dit met die selfoon, dit lyk goed!

Indien iemand weet waar die klomp se projektor is, kontak Sanet of my asb.

No comments: