Sunday, November 22, 2009

Ons moet Jesus aanneem en 'n blink nuwe ID aantrek

Lofprysing kom vanuit die hart en ons doen dit vir ons God wat in ons woon,

Page1

vir wie ons dankie wil se vir alles wat Hy vir ons doen. Hierdie klomp klein dogtertjies geniet dit terdee.

Page3

Ons groei goggas hoor die boodskap van die jongman wat alles gehad het wat geld kan koop. Hy wou egter ook die ewige lewe he, maar toe hy hoor mens kan dit nie koop nie, het hy omgedraai. Geld, maats, familie en om kerk toe te gaan, gaan nie vir ons die ewige lewe gee nie - ons moet Jesus as ons Verlosser aanneem en Hy moet in ons hartjie kom bly.

Page2

Ons ouer maats kyk na die ruspe wat in 'n kokon toegespin is en dan sy ou ID (ruspe) vir 'n splintenuwe een (skoenlapper) verruil. Ons gesels oor ons ou ID (vol sonde) en hoe om dit in te ruil vir 'n nuwe een (Deur te glo in God se Seun, Jesus). Ons versie is in 2 Kor 3:18

No comments: