Monday, January 18, 2010

'n Hemelse adres

Vanaand was ons werklik geseen met 'n mooi klompie jongmense. Die kleintjies het so voluit deelgeneem aan die lofprysing dat die ouer kinders lekker aangesteek is

Page1

Was vir my lekker om deur die foto's te gaan en soveel glimlagte op die gesigte te sien! Dis mos oa hoekom ons worship - omdat ons bly en dankbaar is vir alles wat Hy vir ons doen.


Hierdie klein mannetjie David geniet dit so om te sing kyk net bietjie.

Page4

Ons groei-goggas leer bietjie van die wereld van die Bybel. Onder andere het ons oor die kleredrag gepraat. Hier is hulle ernstig besig om hulle bybel-papierpoppe en hulle klere in te kleur.

Page5

Ons praat ook oor waar hulle gebly het en natuurlik wat hulle geet het. Hier geniet die klomp oa plat broodjies en druiwe/rosyntjies.

Page3

Die groter kinders praat oor hulle hemelse adres.

Page7

Nog 'n voorreg wat God vir ons gee is die ewige lewe en dit beteken om vir ewig saam met Hom in die hemel te leef. Daar word ook in die paspoorte gewerk , kyk hoe mooi lyk dit al.

DSC_0058

Deel van die tieners is om my en die kamera te vermy, maar ek kry darem kans om 'n paar van hulle af te neem waar die kamp bespreek word. Ouers onthou om julle kinders 10+ te registreer (op die blog bo-regs) Volgende week begin ons tieners met 'n ses weke studie oor 40-dae van Liefde.

No comments: