Monday, January 25, 2010

Ons loop deur die Bybel

Ons is werklik geseen met 'n klompie oulike kinders van alle ouderdomsgroepe.

DSC_0005

DSC_0007

Dis so lekker om groot en klein te sien meedoen aan die lofprysing.

DSC_0011

Ons groei-goggas wat nou regtig kan doen met nog 'n groepleier werk vanaand aan die tweede les oor die wereld van die Bybel.

Page2

Vanaand doen ons 'n praktiese les oor beroepe en speletjies en die maats gom sand op die boere se lande en plak watte op die skapies.

Page4

Daar word ook oor pottebakkers gepraat en hier probeer almal met klei vir hulle potte maak.

Page1

Die ouer kinders staar vereers na al die "rommel" (weggooibare bakkies, doppies, boksies, bottels, gom en verf) maar gou-gou is hulle ywerig aan die werk om die artikels 'n tweede kans te gee deur iets daarmee te skep.

Page3

Maar gou-gou is hulle terug by hul kleuterskool dae met vuil hande vol verf. Mannetjies met en sonder hoedjies is gemaak - tog te oulik.

DSC_0039

Daarna gesels hulle oor die feit dat God ons ou lewens vat en iets nuuts daarvan maak. Ons word Sy tempel, Sy woonplek. 1 Kor 3:16 "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"

Hier is sommer 'n foto van elk van ons drie groepe kinders wat vanaand teenwoordig was.

DSC_0048

Die Groei-goggas!

DSC_0049

Ons Blink ID kinders!

DSC_0046

'n Rare foto van ons tieners :-). Dankie dat julle stil gestaan het! Hulle het vanaand begin met die studie "40 dae van Liefde".

No comments: