Friday, January 29, 2010

God is die lig van die wereld en evangeliekleure

Liewe Ouers en almal wat hier lees

DSC_0013

Soos gewoonlik begin ons ons weeklikse byeenkoms met lofprysing en hierdie kinders geniet dit vreeslik baie.

DSC_0015

Selfs ons twee nuutste maats Johan en Chaune Jooste begin al mooi die liedjies en bewegings onder die knie kry.

Page1

Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd, het ons weer 'n junior groepie waaroor ons baie opgewonde is. Hulle gaan met die Verkleurmannetjie boekie werk. Ons leer vanaand dat die kleure goud, swart, rooi, wit en groen 'n storie vertel en ons hoor van die waarhede van die evangelie aan die hand van die kleure.

Page4

Vir nog 'n aktiwiteit maak ons sleutelhouers met krale in die evangelie-kleure en terwyl ons inrig praat ons weer oor elke kleur soos ons dit inryg.

Page2

Ons middelgroep doen die laaste les van "how to grow spiritual fruit". In plaas van om ons kinders te leer om "goed te wees", leer ons hulle met die boekie die geheim .... baie mense is stadig om te leer om goed te wees, maar om te probeer goed wees deur jou eie krag veroorsaak net frustrasies en mislukking. Ons moet God in beheer van ons lewe plaas en dan sal Hy ons van binne na buite verander.

Page5

Ons het vergelyking getref tussen wat 'n saadjie nodig het om te groei en wat 'n Christen nodig het om te groei.

DSC_0061

Kyk net hoe dra hierdie bome vrugte! Mag ander ook die vrugte van die Gees "in aksie" in hierdie kinders se lewe sien.

Page3

Ons ouer kinders doen nog steeds die studie oor die Tabernakel en vanaand maak hulle die tabernakel self en die tentlae wat Sy woning bedek het. Ons gesels ook oor hoe God vir die israeliete gesorg het terwyl hulle deur die woestyn getrek het.

Die Tabernakel wat hulle bou vorder ook al mooi.

No comments: