Ietwat van 'n koeler aand in Abu Dhabi maar ons sing en dans ons gou-gou warm en uit die baadjies uit.
Kyk net hoe geniet ons kleiner maats en leiers ook die sang.
Die groei-goggas nadat ons in die vorige weke gekyk het na hoe die mense in die bybelse tyd geleef het, doen vanaand "Wat is die Bybel?" en hierdie handpop vertel ons bietjie meer van die oorsprong daarvan.
Ons versie van die week is in Psalm 119:105 "U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad" en die maats versier dit eers met 'n kers en dan word daar bo-oor geverf.
Ons leer van die ou en nuwe testament, hoeveel boeke daar in die Bybel is en dat dit die Woord van God is en die Waarheid.
Ons ouer maats luister vanaand hoe 'n groot voorreg dit is dat Jesus ons kies om Sy ambassadeurs op aarde te wees.
Ons hoor ook wat die Woord vir ons hieroor se en lees die versie in Markus 16:14-15 "Ek Hy het vir hulle gese: Gaan uit, die hele wereld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom"
Alhoewel ons tieners nie altyd op 'n foto verskyn nie, is hulle hier en doen hulle vanaand les 2 van die "40 dae van Liefde" studie.
No comments:
Post a Comment