Twee van ons maats, Razaan en Anneri het hierdie week Dubai toe getrek. Ons gaan julle mis en hoop dat julle ook daar sal inskakel dan sal ons mekaar nog gereeld op kampe en uitstappies kan sien!
Soos gewoonlik sing die klomp lekker en oa "I don't wanna be a rockstar ... I just wanna be a star for Jesus" word vanaand gesing.
Ons klein Verkleurmannetjies ontdek vanaand dat ons wonderlike God alles gemaak het. Ons leer eers bietjie van 'n Bybel-adres en waar ons kan lees van die Skepping. Hulle kleur 'n woonbuurt in sodat ons kan leer hoe versies en bybelboeke genommer is.
As deel van die Skepping het God ook diere en mense gemaak. Ons maak voeltjies en leer met bewegings Handelinge 17:25 "God gee aan almal lewe en asem en alles".
Die klomp is baie trots op hulle voeltjies wat hulle gemaak het.
Ons middelgroepie begin hierdie week met 'n reeks oor How to make good friends en dis een van die belangrikste dinge wat ons ons kinders kan leer, hoe om goeie vriende te kies. Die eerste lessie gaan oor My Beste Vriend, Jesus" en hoe Hy ons leer wat 'n goeie vriend eintlik is. As ons dit ken, kan ons ook kyk na watter tipe vriendskappe ons het en watter tipe vriende ons eintlik wil he.
Vir aktiwiteite maak ons maats 'n mosaikprentjie en almal werk baie hard om dit mooi te maak.
Ons ouermaats werk nog baie hard aan hulle tempel terwyl hulle die betekenis van die verskillende dele leer. Vanaand praat hulle ook oor die wierookaltaar en wat 'n aangename geur is.
Ons hoor ook dat 'n gebed soos 'n wierookoffer is. As ons aan God behoort deur te glo, verlang Hy dat ons vir Hom 'n offer van lof sal bring. Selfs 'n liedjie wat aan God lof bring kan soos 'n aangename geur na God toe gaan.
No comments:
Post a Comment