'n Mooi klompie kinders daag weer vanaand op met 3 maats wat ook kom kuier.
Ons sing so lekker saam aan oa "Ons God is 'n Wonder God" en "Every move I make".
Nadat ons verlede week geleer het oor die Bybel, hoor ons vanaand dat die Bybel soos 'n skatkis is. Ons moet reeds van kleins af besef wat die waarde van die Bybel is en begin om al die skatte in die Woorde te ontdek. Ons maak almal vir ons skatkiste sodat ons "juwele" daarin kan bere.
Ons loer na van die skatte: Die Bybel is soos 'n flits - dit maak lig want die vertel vir ons die waarheid, dis soos 'n padkaart want dit se vir ons watter pad ons moet kies en wat ons moet doen, dis soos 'n waarborg-sertifikaat want God jok nooit en een van die waarborge wat Hy ons gee is in Heb 13:5 "Ek sal jou nooit verlaat nie". Ons kyk na nog baie skatte.
Ons maats sit die versies wat ons al moes leer in hulle skatkisse om weer te leer in die volgende drie weke. Hulle is baie trots op hulle kissies.
Die ouer kinders doen eers 'n deel vanaand waar hulle leer/hoor van hoe 'n voorreg dit is om saamgebind te wees as die liggaam van Christus. Om dit te demonstreer stuur ons tou aan terwyl ons 1 Kor 12:12-31 lees en bind ons mekaar so vas aan mekaar. As julle mooi kyk, sal julle die tou wat oor die tafel loop sien op die foto.
Dan deel hulle in 3 spanne en kry kans om ontwerpers met koerante te wees.
Ons het somtyds vreeslike lawwe idees oor onsself, oor ander mense en dinge wat ons maats partykeer voorstel en ons sien dit ook met die uitrustings wat ons maak. Die boodskap vir die les kom in Ps 8:6 "U het hom (die mens) net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon". Ons moet vir die Here vra om ons te help om deur Sy oe na onsself en ander mense te kyk.
Ons tieners doen les 3 van "40 dae van Liefde" wat handel oor Love is Truthful.
No comments:
Post a Comment