Ons maats is vanaand weer vol lewe en reg om te sing.
Daar word lekker gesing en ons jonger maats, Johan, Chane en TJ sing lekker saam met “dis so lekker om die Here te dien”.
Ons kleintjies se lessie is vanaand dat God ons roep al is ons klein en nadat ons geluister het na die storie van Samuel as ‘n klein seuntjie wat by priester Eli in die tempel gewoon het en hoe God vir hom geroep het om ‘n boodskap vir Eli te gee.
Na die lessie maak ons ‘n fotoraam wat ons versier en ons plak ‘n foto van onsself daarin. Dit se “God roep my al is ek klein!”
Ons middelgroep maats doen die studie “How to make good friends” en vanaand se lessie gaan oor hoe om goeie vriende te kies. Vriende het so ‘n groot invloed op ons en daarom moet ons baie versigtig wees oor hoe en wie ons as ons maatjies kies. Ons lees ook wat die Bybel se oor hoe ons vriende moet kies.
Belangrik om te onthou is dat ‘n goeie vriend “care”. C - Challenge you, A - accepts you, R – respects you, E – encourage you en S - sticks with you.
Ons ouer maats doen die laaste afronding aan hulle Tabernakel en speel daarna ‘n speletjie te kyk hoeveel van die tabernakel se lessies onthou hulle.
No comments:
Post a Comment