Monday, February 22, 2010

Die 2010 Jeugkamp-storie – deel 1

As ek nie vandag iets oor die kamp begin opsit nie, is ek in ernstige moeilikheid by die jongmense so hier is my storie van die kamp - natuurlik sal hulle baie kan bylas en vertel wat ons as groepleiers nie eers geweet het nie. Een van die groot hobbels om te oor kom as mens kamp in die UAE is natuurlik 'n terrein en alhoewel die een in Sharjah die "enigste" een is wat ons kan gebruik is dit ook ver wat beteken die kinders van die ander emirates moet direk na skool op die bus kom sodat ons "betyds" kan wees.
DSC_0080


En met sesuur wat aanbreek en die verwelkomings banier na die olimpiese spele-dorp opgesit is daar nog geen kind in sig nie. Die tyd word gebruik om indelings en slaapplekke te finaliseer en die kombuisgroep werk ook hard om alles daar reg en skoon te kry.
Page1

Terwyl Elriza, ons "besoeker" wat met die tieners gaan werk haar goedjies in die saal opsit, kom Al Ain en bietjie later Dubai/Sharjah se busse aan. Hulle eet solank aandete terwyl ons wag vir Abu Dhabi se bus. Vir die bus van is dit nag en sit hulle vier uur in die verkeer vas. Maar dis wonderlik om ondanks dit, net vriendelike gesigte te sien toe hulle afklim en die eerste woorde is "badkamer" en "dors".

Page2

Die olimpiese spanindeling vind plaas en die vier groepleiers lees hulle spanname en opdragte uit. Die leiers op vanjaar se kamp was Amori de Wet, Charl Groenewald, Nelmari Holloway en Roelof Oosthuizen.

DSC_0103

Dan die groot oomblik, die olimpiese vlam word ingedra deur Frank Vorster. Saam met hom op die foto is die vier groepleiers en Elriza.

Dan word daar baniere gemaak dat die verf so spat en partykinders was behoorlik van kop tot tone geverf.

Page4

Die vier spanne is die Romeine (swart), Hebreers (wit), Judieers (rooi) en Efesiers (groen) en hier is die baniere.

Page5

Ons eerste lessie is 'n inleiding tot die spele en wat oa van elke atleet verwag word. Om dit prakties te demonstreer, laat Elriza van die kinders drie-been resies hardloop.

Page6

Page7

So tussen die lessie deur as aanvulling, is daar ook tyd vir "Simon say". En alhoewel Elriza op 'n stoel moet staan dat almal haar kan sien, geniet van ons jongste tot ons oudste kamper die speletjie. Dan is dit tyd vir bed toe gaan en dit is 'n storie op sy eie. Ek wonder of die tieners ons meer daarvan kan vertel?

Kom loer weer vir foto's van die volgende dag ...

1 comment:

Roelof said...

2010 Jeug Kamp was Legend!!!!!!
Baie dankie vir almal wat help reel het and als moontlik gemaak het!
Dit was n kamp wat ons NOOIT sal vergeet nie!