Na die lessie, sing en aktiwiteite is die kinders moeg hoor ons en baie dankbaar stuur ons hulle slaaplokale toe.
Die jonger kampers sit baie mooi in hulle beddens, nadat hulle gestort het, en stiltetyd doen terwyl die bietjie ouer maats nog 'n laaste geselsie of twee probeer inkry. En 'n foto van ons tienerdogters in hulle slaaplokaal? O nee want dis 'n plek waar hulle bitter min ure deurgebring het.
Die eerste aand op die kamp kry ons hulle in die saal en kuier saam met Elriza en baie baie ure later eers in die bed vir 'n power nap voordat hulle weer moet opstaan.
Die volgende oggend tydens worship het ons kinders so lekker gesing. Die "Koning Kom" en "'n Christen" is twee van die liedjies wat aanmekaar gesing word en hulle geniet dit verskriklik.
Die volgende les wat handel oor om te hardloop om te wen word aangebied en dan deel ons kinders weer in kleingroepies op vir die bespreking.
Van ons snr tieners neem deel aan 'n aktiwiteit vir ons lessie 3 wat handel oor Good attitude, bad attitude.
Die kinders luister aandagtig na die lessie wat aangebied word.
Maar die min slaap onder die tieners begin sy tol eis en die eerste ou wat in "publiek" oorgee is Charl.
En weer is daar kleingroepies orals op die terrein besig met besprekings van die lessie.
EN nog is dit die einde nie. Kom loer in die volgende paar dae na foto's van die danse, die olimpiese speletjies, tente en ander goed wat julle aangevang het.
No comments:
Post a Comment