Na 'n nag wat daar nie teveel geslaap is nie is die klomp maar traag om op te staan...
'n Lekker ontbyt om die dag te begin.
Hier is waar die seuns veronderstel was om die heel aan te slaap op die kamp. En dis ook die plek waar 'n "water-pyp" gebars het die tweede aand en heelparty seuns deurgeloop het. Die klein tentjie in die linkerkantse hoek is waar drie van ons leiers - Andre, Corne en Louis geslaap of probeer slaap het.
Wanneer daar 'n lostydjie in die dag is, oefen hierdie 4 groepleiers saam met 'n paar van ons jonger kampers 'n koordans olv Elriza.
Ons ander lessies word aangebied en die klomp hou met moeite hulle oe oop en luister.
Die vier spanne gereed vir die olimpiese spele.
Sekkie van Eeden bied die speletjies aan en die kinders geniet hulle gate uit. Groot en klein moedig mekaar terwyl hulle aan die verskillende speletjies deelneem.
Ongelukkig kan daar net een wenner wees en die Romeine loop vanjaar met die trofee weg.
Die son maak 'n mens darem lam en Denis knip 'n uiltjie maar nie sonder dat die kamera hom kan afneem nie.
Die tieners is ook lam van die vorige aand se wakkerbly en as ons geweet het wat le voor het ons hierdie klomp nooooooooittttt laat rus nie :-)
No comments:
Post a Comment